SUIDERKRUIS-GEMEENTE
OGGENDDIENS: 2007
TEMA: Die almag van God
LITURGIE
WIE |
WAT |
DETAIL |
BORD/MUSIEK |
|
Vooraf musiek |
|
Afkondig-flash |
Liturg |
Welkom & groet |
|
2500-2502 |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed- |
Liturg Tersia |
Oproep tot lof |
Hoeveel keer het die son al opgekom? Psalm 93:1-1-5 |
1425 |
MG |
Lof |
Aan die koning van die eeue 634 Hy laat die sterre skitter . . . . . . Majesteit Daarom |
634 790 900 706 |
Liturg Doopouers Oupas/oumas Liturg Liturg Leiers MG |
Doop |
Doopformulier Doopouers kom na vore: Hennie & Marliza Meyer Baba ingebring: Marianke Doopvrae en beloftes (Coenie & T lees) Doopbediening Gelukwensing en Bybels: Oom Charl & t Mettie Lied: Jesus het die kinders lief (838:1-2) |
1465 doop-3 838 |
Liturg Piet |
Oproep tot aanbidding |
Kom soms in situasies waar dinge te veel/groot is... Psalm 46:2-4, 11 |
1499a |
MG |
Aanbidding |
Wees stil en weet . . . . . .. . . . . 1066 In die hemel is die Heer . . . . . . . 812 |
1066 812 |
|
|
Record aan |
Klank: Record |
Ouderling |
Voorbidding |
“Kom o Skepper gees” (Flam) |
997a |
Liturg |
Skriflesing |
Psalm 19:1-7 |
Skrif-1 |
Liturg |
Preek |
Videosnit (1 + 2) Tema: Het God iets te doen met natuurrampe? |
DVD:1-2 Preek |
Almal |
Toewyding |
|
Stilgebed- |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed |
|
|
Record af |
Klank: Stop Record |
Diakens |
Offergawe |
Afkondings op bord |
Dankoffers-5 2800a (Klank) |
Liturg |
Afkondigings |
|
|
MG |
Lied |
“U is in beheer” 1044 |
1044 |
Liturg |
Seën |
|
|
PREEKSKETS
(Opsomming van “Tien leuens oor God” deur EW Lutzer (hoofstuk 6)
INLEIDING
Natuurrampe: voorbeelde
Tornado in Oklahoma & Kansas
• Tornado duur 4 ure lank teen snelheid van 400km/h
• 43 mense dood, 1500 huise vernietig
• 2-jarige kind uit pa se hande geruk en dood voor hom
Turkye: aardbewing in 1999
• 15000 mense dood
Getygolwe in Honduras
• 25000 mense dood
• 500 000 dakloos
Modderstortings in Venezuela
• 50 000 mense dood
Tsoenami in Indiese Oseaan
In ons eie land:
• Laignsburg-vloed
• Storms op Kaapse vlakte
• Droogte
• VIGS
Hoe verklaar ‘n mens dit?
Op watter manier is God betrokke daarby?
Het Hy beheer oor die nauur en natuurelemente?
Verskillende sieninge hieroor:
• God het niks hiermee te doen nie.
• God het wel iets met die natuur te oen (gebed: Here, nee!)
• “Acts of God”
• God het ‘n “hande gevou” beleid.
IS GOD IN BEHEER?
Natuur is gebroke
• Gen 3:17-18 “En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.”
• Rom 8:19-21 “...die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid...”
Gevolge van die vloek
• getygolwe
• aardbewings
• tornado’s
Het God Hom onttrek?
• Onmiddellike oorsaak (Aardkors wat skuif, temeperatuur ens)
• Fundamentele oorsaak (God)
• Hy regeer en is in beheer
• Job: God gee toestemming aan Satan
• God kon nee gesê het
• God beheer soms sonder sekondêre oorsake
• Stilmaak van die storm (Mark 4:39)
• Dus kon God enige natuurramp keer as Hy wou
• Hemele verkondig die mag/eer van God (Ps 19)
• Natuurrampe verkondig dan Sy ander (donker) kant = Sy oordeel
• Sondvloed (Gen 6:17)
• Plae in Egipte
• Droogte in Elia se tyd
• Num 16:31-33 “31 Net toe Moses klaar gepraat het, skeur die grond onder hulle oop en maak die aarde sy mond oop en sluk vir Datan en Abiram met hulle gesinne in en ook vir Korag en al die manne by hom saam met hulle besittings. Hulle en alles wat aan hulle behoort, het lewend in die doderyk afgegaan; die aarde het hulle bedek, en so het hulle uit die gemeente verdwyn.”
• Jona (storm)
• DUS:
• Natuurrampe meesal dade van oordeel in Bybel
• God het volkome beheer oor natuur
Vb Bid vir mooi weer by troue
Vb Bid tydens elektriese storm
Vb Bid tydens natuurramp
Vb San Franciscor: dank God dat aardbewing vroeg voorkom
voordat daar baie motors op die pad is.
Kruks: As God in beheer is, is Hy verantwoordelik vir elke natuurramp.
• “verantwoordelik” nie die regte woord.
• God skuld ons geen verduideliking - Hy is soewerein!
AS ONS DIE NATUUR BEVEG, BEVEG ONS DAN VIR GOD?
The plaque (Albert Camus)
• Tweede wêreldoorlog
• Pes (agv rotte) in stad Oran
• worstel met vraag of mens God beveg wanneer hy ‘n ramp (soos pes) beveg
Antwoord: NEE!
• Natuur = nie God
• Nie panteïsme
Opdrag aan mens:
• Gen 1:28 “Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: "Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip."
• Ons mag / moet rampe bestry
• Bestry nie God maar sekondêre oorsake van rampe
• Daarom mense bystaan in krisisse
AS GOD DIE FUNDAMENTELE OORSAAK VAN ALLES IS, KAN ONS GOD DAN BESKULDIG VAN BOOSHEID?
Elihu (Job 37:6, 10-13)
“Hy beveel die sneeu om op die aarde te val; die reëns val, stortreëns wat getuig van sy krag....As God die wind laat waai, ys dit en vries die groot waters...Hy stuur sy weerligte in die wolke in. Hy laat die wolke in die rondte maal, hulle doen wat Hy bepaal, hulle gehoorsaam sy bevele die wêreld oor. God stuur die storm óf om te straf óf om vir die aarde te sorg óf om sy liefde te toon.”
• Mooi kant van die natuur vertel ons iets van God se glorie / grootheid.
• Sagte wind: iets van Heilige Gees
• Negatiewe kant van die natuur vertel ons iets van Sy oordeel
• tornado: iets van Sy oordeel
Rom 11:22 “Let dan op die goedheid en strengheid van God: sy strengheid oor die afvalliges, en sy goedheid oor jou. Maar dan moet jy uit sy goedheid lewe, anders kan jy ook uitgekap word.”
Hoe kan God goed wees as Hy sulke natuurrampe toelaat?
• God werk volgens ander stel reëls
VB kleuter wat verdrink in swembad
VB alles in jou vermoeë doen om lewe te red
• Hoekom?
• Hy is Skepper (nie skepsel!)
• Hy gee lewe en neem lewe
• Jes 55:8-9 “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.”
• 10 geboie geld vir ons - nie vir God
• God put geen vreugde uit lyding maar wel vreugde uit die uitvoering van Sy oordele
• Deut 28:63 “"Soos die Here jou God Hom oor julle verbly het toe Hy aan julle goed gedoen en julle baie gemaak het, so sal Hy Hom verbly wanneer Hy julle tot niet maak en julle uitroei. Julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.”
• Verlustig Hom daarin om Sy eer te beskerm
• Ons is te klein om God te veroordeel.
• God is soewerein
WAT IS DIE BOODSKAP VAN NATUURRAMPE?
Mense kom vertel van Galileers wat doodgemaak is terwyl hulle hulle offerdiere slag:
Luk 13:2-3 “2 Toe antwoord Jesus hulle: "Dink julle dat hierdie Galileërs groter sondaars was as al die ander Galileërs omdat dit met hulle gebeur het? Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom!
Jesus antwoord: (v4-5)
Of daardie agtien wat dood is toe die toring van Siloam op hulle ineengestort het, dink julle dat hulle skuldiger was as al die ander inwoners van Jerusalem? Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom."
Dus:
• Rampe is beeld van oordeel
• Mense wat omkom is nie groter sondaars nie
Wat is die boodskap van rampe?
CS Lewis: “God se megafoon”
Wat sê God oor die megafoon?
• Die dood is onvermydelik (“geskeduleerde, heilige afspraak”)
• Die oordeel kom
Luk 13:5 Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom."
• Natuurrampe tekens van einde van tyd (Mat 24:7, Open 6:12-17)
• Natuurrampe herinner ons daardan dat God (wat toelaat dat 1522 mense op Titanic sterf) sal toelaat dat mense verlore gaan.
VB White Star kantoor in Liverpool: “Known to be Saved” of “Known to be lost”
Na watter kant gaan hy?
Wie se naam word volgende op die bord geskryf?
Tydens bootreis: 1e, 2e en 3e klas
Na boot gesink het: 2 groepe = saved / lost
Luk 13:5 Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom."
God is in beheer.
Soms tuur Hy self ‘n ramp.
Soms laat Hy toe dat ‘n ramp gebeur.
Hy put geen vreugde uit mense se lyding.
Maar deur rampe waarsku Hy ons...
• om gereed te wees
Deur rampe herinner Hy ons...
• Hy wat toelaat dat 50000 mense sterf, sal toelaat dat mense verlore gaan.
As jy vanaand TV kyk en daar is ramp:
• Dink vir ‘n oomblik hoe sou dit wees as jou naam ook daar verskyn het...
• Waar sou jy wees as jy sou omkom?
STILGEBED